Pieter F. Bruwer |
Biografie |
Bekendstelling van skrywer
Soos menige skrywer is die behoefte om te skryf eenvoudig vir my ‘n feit van my lewe. Weens beroeps-, gesins- en ander verpligtinge was dit egter nog nooit voorheen moontlik om voldoende aandag daaraan te kon wy nie - daar was maar altyd ander dinge wat belangriker of dringender was. Die afgelope drie jaar het ek vir die eerste keer die geleentheid gekry om meer aandag aan hierdie droom te kon wy. Ek het eerstens met die digkuns begin, veral gemotiveer deur my Ma, Rita Bruwer wat in 2006 oorlede is, maar wat tot aan die einde van haar lewe steeds haar liefde vir die skryf van Afrikaanse “verse” behou het. Op hierdie webwerf sluit ek dus uit erkentlikheid ook ‘n afdeling vir haar verse in. Die skrywe van gedigte het reeds gelei tot die voltooiing van minstens 200 gedigte wat ek onderverdeel het in vier titels en enkele los gedigte wat ek hier begin publiseer: (Tot dusver dig ek byna uitsluitlik in Afrikaans.)
2005 Dis-harmonie 2006 Sekelman 2006 Die Vlieënde Hollander en ander verhalende gedigte 2007 Vervreemding (steeds in proses)
Weens my liefde vir die teater het ek verder besluit om my toe te spits op die skryf van teater dramas - wat hopelik vorentoe mag uitmond in die skryf van draaiboeke - waarvoor daar in Noord-Amerika ‘n groot mark bestaan. Aangesien ek my tans met een voet in Kanada en die ander in Suid-Afrika bevind, het ek besluit om klem te lê op temas wat in beide lande relevant sou wees. Ek skryf die dramas gevolglik in beide Afrikaans en Engels. Tot dusver is die volgende dramas voltooi, of is in die proses van voltooiing:
2005 Die Laaste Woord The Last Word 2006 Die Goue Uur The Golden Hour 2006 Die Duister Keuse The Dark Choice 2007 Die Verwronge Web The Twisted Web 2007 Die Dringende Oproep
(Eenbedryf)The Urgent Call
(One Act play)2007 Die Kain Sindroom The Cain Syndrome
In die praktyk is ek dus ‘n sogenaamde “late bloomer” wat nou vir my ‘ n staanplek in beide ‘n vreemde land en ‘n vreemde werksveld probeer oopskryf. Aangesien ek weens bogenoemde redes tot ‘n groot mate in isolasie funksioneer het ek besluit om die internet te gebruik om kommunikasie kanale na moontlike belangstellendes en medewerkers oop te maak sodat ek my werk makliker met hulle kan deel en terugvoering kan ontvang. Ek ontvang graag enige konstruktiewe kommentaar.
Pieter Bruwer